WE BELIEVE
in one God, the Almighty Father, Creator of the heaven and the earth and all things, visible and invisible; and in one Lord Jesus Christ, the only begotten Son of God, born of the Father from eternity: God out of God and Light out of Light, truly God of the same being as the Father; who for us as man and for our salvation, descended from heaven and became flesh, truly God and truly man, conceived by the Holy Ghost and born of the virgin Mary; who suffered, was crucified, died, descended into hades and arose on the third day; who ascended into heaven and sitteth on the right hand of God the Father, from where He cometh again in glory to judge the living and the dead; and of whose kingdom there shall be no end; and in the Holy Ghost that speaketh through the prophets, whereby we bear the image of the Father, and that dwelleth in us and is our teacher and guide in all trust; and that He is one God.
WE BELIEVE
in His Holy Apostolic Church, the fellowship of the saints and the Apostle sent to us as the anointed of Jesus Christ.
WE BELIEVE
in the administering of the three Holy Sacraments, namely: the Holy Baptism with water unto repentance in the Name of Jesus Christ, whereby we are grafted into Christ and participate in the covenant of grace; the Holy Communion whereby we receive forgiveness of sins by the blood of Jesus Christ; and the Holy Sealing by the laying on of the hands of an Apostle of Jesus Christ, whereby we receive the Holy Ghost; and in the administering, through the living for the dead, of the three Holy Sacraments unto the souls of the realm of the dead.
WE BELIEVE
in the Holy Scriptures, the Old and the New Testament, and in the fulfilment of the promises contained therein.
WE BELIEVE
that our souls are sanctified and clothed in righteousness in the body of Jesus Christ, in preparation for our membership of the soul-bride; that as children of God we must love Him above all, serve Him in submissiveness, honour the brotherhood and love our neighbour as ourselves; that for the Lord’s sake, we must subject ourselves to the rulers and powers placed over us, submit ourselves to every ordinance and acknowledge and respect the legitimate rulers of the land in which we live, even if we have to suffer anguish.
ONS GLO
in een God, die Almagtige Vader, die Skepper van die hemel en die aarde en alle dinge, sienlik en onsienlik; en in een Here Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, gebore uit die Vader van ewigheid af: God uit God en Lig uit Lig, waaragtig god van dieselfde wese as die Vader; wat vir ons as mense en vir ons saligheid uit die hemel neergedaal en vlees geword het, waaragtig God en waaragtig mens, verwek deur die Heilige Gees en gebore uit die maagd Maria; wat gely het, gekruisig is, gesterf het, neergedaal het na die hel, en op die derde dag opgestaan het; wat in die hemel opgevaar het en aan die regterhand van God die Vader sit, vanwaar Hy weer kom in heerlikheid om die lewende en die dode te oordeel; en aan wie se koninkryk daar geen einde sal wees nie; en in die Heilige Gees wat deur die profete spreek, waardeur ons die beeltenis van die Vader dra, en wat in ons woon en ons leer en lei in alle waarheid; en dat Hy één enige Here is.
ONS GLO
in Sy Heilige Apostoliese Kerk, die gemeenskap van die heiliges en die Apostel tot ons gestuur as die gesalfde van Jesus Christus.
ONS GLO
in die bediening van die drie Heilige Sakramente, naamlik: die Heilige Doop met water tot bekering in die Naam van Jesus Christus waardeur ons in Christus ingeënt word en in die genadeverbond deel; die Heilige Avondmaal waarder ons vergifnis van sonde deur die bloed van Jesus Christus ontvang; en die Heilige Verseëling deur die handoplegging van ‘n Apostel van Jesus Christus, waardeur ons die heilige Gees ontvang; en in die bediening van die drie Heilige Sakramente aan die siele in die doderyk deur middel van die lewende vir die dode.
ONS GLO
in die Heilige Skrifte, die Ou en die Nuwe Testament, en in die vervulling van die beloftes daarin vervat.
ONS GLO
dat ons siele in die liggaam van Jesus Christus gereinig en beklee word met geregtigheid, ter voorbereiding as lede van die sielebruid; dat ons as kinders van God Hom bo alles moet liefhê soos onsself; dat ons ter wille van die Here ons moet onderwerp aan die owerhede en magte wat oor ons gestel is en dat ons alle verordeninge moet gehoorsaam asook die wettige heersers van die land waarin ons woon moet erken en respekteer, al gaan dit met benoudheid gepaard.